Op die voetpad o bokkie Jou hand die myne En ons huisie staan klaar In my hart se lyne Deur die dag van die bij Tot dit rooikrans o bokkie Vannag sluit hom toe In ons pondokkie
Klimaat van jou lyf O meidjie dousag Maar jou oë vlieg wys Oor die nimmermeerdag En die aand skilfer reeds Sy bont kleure af Waar die voetpad alleen Oor die blou bulte draf
(2x)
Compositores: Ingrid Jonker (SAMRO), Johannes Christiaan Mulder (SAMRO)Editores: Chameleon Publishing Cc (SAMRO), The Ingrid Jonker TrustECAD verificado obra #8442490 em 05/Jun/2024